• Private Room with TV/DVD
    Private Room with TV/DVD
    Hostel Tinktinkie tiene una habitación privada con TV/DVD para ver películas con baño y entrada individual.
  • Private Room without TV
    Private Room without TV
    Hostel Tinktinkie tiene una habitación privada sin TV con baño y entrada individual.
  • Dorm for 6
    Dorm for 6
    Hostel Tinktinkie tiene un dormi para 6 personas con baño privado y entrada individual.
  • Fully Equipped kitchen
    Fully Equipped kitchen
    La cocina-comedor en Hostel Tinktinkie es totalmente equipado y confortable.
  • Hostel Tinktinkie garden
    Hostel Tinktinkie garden
    Hostel Tinktinkie tiene un jardín grande con un quincho y parrilla. Hay también estacionamiento.
Hostel Tinktinkie
Santa Rosa de Calamuchita - Cordoba - Argentinië

HOSTEL TINKTINKIE IN SANTA ROSA DE CALAMUCHITA BIED KWALITEIT AKKOMMODASIE AAN VIR FAMILIES, BACKPACKERS, PAARTJIES EN JONG MENSE.

Argentinië is `n pragtige land om in te reis. Soms raak mense moeg vir die dolle gejaag in die groot stede soos Buenos Aires en Mendoza en soek hulle bietjie rustigheid vir `n paar dae. Santa Rosa de Calamuchita is 90 km vanaf Cordoba stad in die pragtige Calamuchita vallei.

Die lewe is baie rustiger in die platteland en hier kry ons kans om die natuurskoon te geniet en net rustig te wees. Wat maak Hostel Tinktinkie anders? Wel, ons is 300 m vanaf die Santa Rosa rivier, omring deur berge en in die vallei. Ons kamers is modern met baie spasie, gemaklik en bekostigbaar. Elke kamer het `n privaat badkamer en individuele ingang. Daar is Wi-Fi in al die kamers. Ons het privaat kamers en ‘n dorm vir 6 mense.

Die kombuis is ten volle toegerus met `n kaggel, biblioteek en plasma om sport of films te kyk.

Hier is baie geleenthede vir fietsry, swem, perdry, stap en ander aktiwiteite. Ons kook ook gereeld vir ons gaste Russiese en Argentynse disse.

Meer oor die Eienaars
Hostel Tinktinkie word bestuur deur sy eienaars, Andrey y Nelieta. Die Hostel is gebou in 2008 en het oopgemaak in Maart 2009. Ons is albei baie lief vir reis en baie dankbaar dat ons die geleentheid gehad het om verskeie lande te besoek oor die jare. As jy beplan om na Argentinië toe te reis en jy opsoek is na 'n ander tipe Hostel ondervinding, besoek ons gerus in die pragtige Calamuchita Vallei.
Op die Kalender
OKTOBERFEES!!!!!
Die Calamuchita Vallei
Daar is baie plekke wat besoek kan word in die Calamuchita Vallei. Ons Vallei is ideaal vir mense wat die natuurskoon geniet. Verskeie buitemuurse aktiwiteite wat beoefen kan word sluit in: stap, trekking, visvang, windsurfing, duik,, Foefie slide en fietsry.
Wat is 'n dorm?
Wat is 'n dorm?

Mense wonder baie keer wat is 'n dorm in 'n Hostel. 'n Dorm is 'n kamer wat gedeel word. Ons dorm het 6 beddens wat elkeen individueel geboek kan word. 'n Reisiger bespreek 'n bed in die kamer en nie die hele kamer nie. Vir mense wat meer privaatheid verkies, het ons die privaat kamers.Dit is 'n uitstekende geleentheid om ander reisigers te ontmoet. Dit is ook aansienlik goedkoper.

Hostel Tinktinkie het twee privaat kamers en 'n 6-bed dorm beskikbaar. Al ons kamers het privaat badkamers en individuele ingange.